Liparia parva is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap op die Kaapse Skiereiland voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 70 km² en sy bevolking het reeds met 30% verminder weens voorstedelike ontwikkeling, veral op die suidelike deel van Skiereiland. Die totale bevolking word op minder as 1000 plante geskat wat steeds bedreig word deur verdere ontwikkling, indringerplante en te veel veldbrande. Die spesie blom in Mei en is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

parva Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika