Die Klas MJ1 Mallet-stoomlokomotief is 'n tipe lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë op taklyne gebruik is.

Klas MJ-1 is soortgelyk aan die Klas MJ. Die lokomotief is ontwerp deur die Montreal Locomotive Company, gebaseer op die spesifikasies vir die Klas MJ Mallet wat ontwerp is deur DA Hendrie, die Hoofmeganiese Ingenieur van die Suid-Afrikaanse Spoorweë vanaf 1910 tot 1922. Agt lokomotiewe is bestel by die Montreal Locomotive Company in Kanada, omrede die Britse verskaffers se produksie tydens die Eerste Wêreldoorlog tot stilstand gekom het. Die lokomotiewe is deur MLW afgelewer in November 1918 en genommer in die reeks 1666-1673.

Hulle stoomketels was ietwat groter en daar was 'n sandkas op die stoomketel geïnstalleer; 'n tipiese Noord-Amerikaanse styl. Die lokomotiewe was superverhit en toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Hulle is uit diens gestel in 1960.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine