'n Sakrekenaar is 'n klein draagbare elektroniese toestel wat gebruik word om berekeninge, wat wissel van basiese rekenkunde tot komplekse wiskunde, uit te voer.
Uitleg Die volgende toetse is algemeen op die meeste sakrekenaars. Die rangskikking van die syfers is standaard. + Die toetse van 'n sakrekenaar MC of CM Wis geheue (Memory Clear) MR, RM of MRC Herroep geheue (Memory Recall) M− Trek geheue af (Memory Subtraction) M+ Tel geheue by (Memory Addition) C of AC Wis alles (All Clear) CE Wis laaste invoeging (Clear Entry); soms genoem CE/C: die eerste druk wis die laaste invoeging (CE) en 'n tweede druk wis alles (C) ± of CHS Wissel tussen positiewe/negatiewe getalle (ook bekend as CHange Sign) % Persent ÷ Deel × Maal − Aftrek + Optel . Desimale punt √ Vierkantswortel = Resultaat
Die rangskikking van die syfers 7-9 twee rye bo die syfers 1-3 kom van kasregisters. Dit verskil van telefone, wat 1-3 bo vertoon en 7-9 in die derde ry.
Sien ook Wetenskaplike sakrekenaar