+Apollo 10 Sendingwapen 225px Sendingstatistiek Sendingnaam: Apollo 10 Roepteken: Beheermodule: Charlie BrownMaanmodule: Snoopy Bemanningslede: 3 Lansering: 18 Mei 196916:49:00 UTCKennedy-ruimtesentrum LC 39B Tyd in wentelbaan: 61 uur 37 minute, 23,6 sekondes Omwentelinge: 31 Landing: 21 Mei 1969 16:52:23 UTC15° 2' S, 164° 39' W Tydsduur: 8 dae, 0 ure 3 minute Massa: CSM 28 834 kg;LM 13 941 kg Bemanningslede 280px V.l.n.r.: Cernan, Stafford, Young

links|70px Apollo 10 was die vierde bemande sending van die Apollo-program en die eerste om vanaf platform 39B gelanseer te word. Die missie was die tweede om 'n bemanning in 'n wentelbaan om die maan te plaas. Die module het tot 15,6 km (8,4 myl) van die maanoppervlakte gekom gedurende die missie. Volgens die "2001 Guinness World Records" het Apollo 10 die rekord behaal vir die hoogste spoed bereik deur 'n bemande voertuig: 39 897 km/h (11,08 km/s of 24 791 mpu). Hierdie rekord is opgestel tydens hul terugkeer van die maan op 26 Mei 1969.

Bemanning Thomas P. Stafford (ook op Gemini 6A, Gemini 9A, Apollo 10 & Apollo-Soyuz), bevelvoerder John W. Young (ook op Gemini 3, Gemini 10, Apollo 10, Apollo 16, STS-1, & STS-9), beheereenheid-vlieënier Eugene Cernan (ook op Gemini 9A, Apollo 10, & Apollo 17), maanmodule-vlieënier

Rugsteunbemanning Gordon Cooper (gevlieg met Mercury-Atlas 9, Gemini 5), bevelvoerder Donn Eisele (gevlieg met Apollo 7), beheereenheid-vlieënier Edgar Mitchell (gevlieg met Apollo 14), maanmodule-vlieënier

Ondersteuningspan Charles Duke (gevlieg met Apollo 16) Joe Engle (gevlieg met STS-2, STS 51-I) James Irwin (gevlieg met Apollo 15) Jack R. Lousma (gevlieg met Skylab 3, STS-3)

Sendingparameters Massa: CSM massa: 28 834 kg LM massa: 13 941 kg

Galery

Eksterne skakel

Apollo 10-inskrywing in Encylcopedia Astronautica

Kategorie:Apollo-program